Ons sê baie dankie aan almal wat ons pragtige oggend ondersteun het.

Baie dankie aan die ouerkommittee wat moeite gedoen het om “Covid-vriendelike” verversings te reël en individueel te verpak vir elke gas. Ook dankie aan julle vir die mooimaak van die saal en fotohoekie.

Baie dankie aan almal se bydrae tot ons marktafel. Dankie vir al die lekker vars produkte, tuisgebak en skenkings. Ons waardeer dit opreg.

Baie dankie aan al ons baie spesiale gaste wat ons oggend bygewoon het.

Hier is ons video, vir al die persone wat nie ons oggend kon bywoon nie en sommer vir die wat daar was en weer die oulike kleinspul wil sien.

Die kwaliteit van die video is aangepas om goed te vertoon op ‘n foon en nie noodwendig ‘n groot rekenaarskerm of tv nie.
VIDEO 1: Ons spreker, die bekende skrywer en dominee, Johan Smit
VIDEO 2 & 3: Ons kleuters

Groete en baie liefde
Ons Dink en Doen maats